Wat is n man?

Mans glo:

As dit nie beweeg nie, gebruik n hammer. As dit nogsteeds nie beweeg nie dan is dit nie veronderstel om te beweeg nie.

As iets stukkend is gebruik “duck-tape”.

Maar hoe gebruik hulle “duck-tape” om hulle vrouens se seer weg te vat na n miskraam? Hoe plak hulle, hulle eie seer toe?

Hoe reageer n man na n miskraam?

Mans reageer anders as wat vrouens reageer op traumaties gebeure. Hulle manier van treur is nie noodwendig om te huil of om te reageer soos wat hulle vrouens verwag hulle moet doen nie.

Mans neem beheer, mans vlug werk toe of “gym” toe, mans word werkoliste of alkoholiste om oor die weg te kom. Mans wil in beheer wees. Mans is geneig om hulle emosies te onderdruk en nie te wys nie.

Sommige mans is bang om met hulle metgeselle, na n miskraam, daaroor te praat want hulle is bang dat hulle moontlik die verkeerde ding mag sê.

Onthou

  • Mans koester dieselfde drome as hulle vrouens oor die baba wat oppad is,
  • Mans voel magteloos en hopeloos om hulle vrouens by te staan gedurende die rou proses.
  • Omdat mans hulle emosies anders hanteer, is hulle bang om met hulle vrouens daaroor te praat.

Emosies wat mans mag ervaar.

  • Skok – veral as daar geen vooraf tekens was dat daar probleme was nie,
  • Aggressie – oor ‘onbevoegde’ mediese hulp en ondersteuning voor, gedurende en na die miskraam,
  • Hartseer – n sterk gevoel van verlies,
  • Isolasie – veral as dit voel asof sy vrou hom uitsluit met haar gevoelens,
  • Skuldgevoel – veral as hy nie teenwoordig was tydens die miskraam of hospitaal opname nie,
  • Verligting – as dit n onbeplande swangerskap was,
  • Hulpeloos en frustreerd – omdat hy geen beheer oor die situasie het nie,
  • Verwarring – hy word oorweldig deur die gebeure en sy eie emosies,
  • Verlies of afname van seks – hy mag seks assosieër met die miskraam of hy kan bekommerd wees of dit veilig vir sy vrou is,
  • Angs
    • aangaande sy vrou se fisiese en emosionele toestand
    • Aangaande die huidige verhouding
    • Aangaande toekomstige swangerskappe
  • Ongeduldig
    • die behoefte dat alles weer na normal moet terugkeer
    • Om weer te probeer