Ouers vs Tieners

Ouers vs. Tieners

TIPIESE TIENER GEDRAG TEENOOR DIE OUERS

Ouers kla dikwels oor die volgende gedrag van hulle tieners:

  • Nukkerig en ongeduldig as hulle by die ouers is, maar gelukkig as hulle by die maats is.
  • Het niks te sê vir die ouers nie.
  • Geniet nie meer gesinstyd nie en probeer daarvan weg kom.
  • Praat eintlik net met die ouers as hulle iets wil hê.
  • Ongeskik en soms selfs vyandig.
  • Altyd besig om op die selfoon met die maats te “praat.”
  • Verwag dat ouers in hulle behoeftes moet voorsien, maar gee niks terug nie.
  • Gaan net gewillig saam met die ouers as daar iets vir hulle gekoop gaan word.
  • Is styf en ongemaklik as die ouers fisiese liefde wil wys.

HOEKOM VERLOOR ONS ONS KINDERS?

Die sosiale, ekonomiese en kulturele omstandighede van ons moderne samelewing het baie verander en dit het ‘n impak op die ouer-kindverhouding van baie kleins af sonder dat die ouers dit altyd besef:

  • Die kerngesin het verander – enkelouerskap, huweliksprobleme en egskeiding is algemeen en dit sit baie druk op die gesin.
  • Gesinsetes, geselstyd en gesinsaktiwiteite raak al hoe minder ‘n proriteit vir besige gesinne.
  • Ekonomiese druk dwing beide ouers om te werk – ouers werk voldag en moet ook die huishouding versorg, wat verdure druk op die ouers sowel as hulle kinders sit.
  • Kinders word van kleins af in omstandighede geplaas waar hulle baie meer tyd in hulle eie portuurgroep spandeer as met hulle ouers.
  • Kinders is baie besig – hulle het baie naskoolse aktiwiteite, baie huiswerk, baie sosialeaktiwiteite, baie tegnologie.
  • Tegnologie van kommunikasie het ontplof – dit is hoogs verslawend en baie tyd word daaraan spandeer deur beide die kinders sowel as die ouers.

Bindings Terapie

Mariza doen bindings terapie tussen ouers en hul kinders.

Elke kind het n band met sy/haar ouers.  Indien hierdie band sterk en positief is, verminder gedragsprobleme, verhoog akademiese prestasie, kan kinders hulle onderwerp aan gesag, en beskik hulle oor die vermoë om hulself te handhaaf in skadelike omstandighede.

Indien die ouer-kind verhouding onvoorspelbaar of traumaties is, veroorsaak dit gedragsprobleme – aggressie, boeliery, onttrekking weg van die ouers af, rebelsheid, akademiese probleme.

 

Met bindingsterapie, word die ouer-kind verhouding herstel.  Die ouer herstel sy/haar gesagsposisie en ‘n emosionele konneksie vind plaas met die kind.

Tesame met die bindingsterapie, word individuele sessies met die ouers aanbeveel om hul eie traumas wat hul met hul ouers ervaar het, ontlont.   Dit versterk die impak van die bindingsterapie wanneer ‘n ouer emosioneel gesond is.