Miskraam

Van die oomblik dat jy ontdek dat jy swanger is, het jy n toekoms saam met jou baba begin voorstel. Om ‘n baba deur ‘n miskraam te verloor, kan hartverskeurend wees. Jou reaksie op n miskraam is jou eie en niemand kan jou vertel hoe jy moet of nie moet voel nie. Daar is geen regte of verkeerde manier om oor n swangerskapverlies te voel nie. Jou maat deel miskien baie van jou emosies (of nie een van hulle nie) of hy wys dit net nie.

Hartseer

Jy het miskien nie die kans gehad om jou baba te ontmoet of vas te hou nie, maar dit beteken nie dat jou hartseer minder is nie en dit moet jou ook nie stop om te treur oor die baba wat jy verloor het nie. Jy het tyd nodig om oor jou baba te treur en oor al die hoop en drome wat jy daarvoor gehad het.

Skok

Jy is dalk in skok. Skok oor wat jy fisies deurgemaak het deur die baba te verloor. Die een oomblik voel jy miskien opgewonde oor jou swangerskap en die volgende oomblik word jou hoop en drome vernietig. n Miskraam is ‘n groot skok en dit is natuurlik om sin te probeer maak oor wat gebeur het.

Mislukking en Skuldgevoelens

Jy voel miskien dat jy as moeder misluk het. Die idee dat ‘n baba in jou sorg, binne in jou, opgehou groei het, kan baie moeilik wees om te hanteer. Jy voel moontlik skuldig dat jy op een of ander manier onverantwoordelik was teenoor jou baba. Jy bevraagteken jou eie aksies van die paar voorafgaande weke en wonder of jy enige iets gedoen het wat veroorsaak het dat jou baba se lewe so kort beëindig is.

Verlies aan Beheer

Een van die mees vreesaanjaende, en oorweldigende, aspekte van ouerskap is dat soveel buite jou beheer is. Jy kan nie altyd beheer dat jy swanger raak nie, en dit is buite jou beheer of daardie baba ‘n klein mensie gaan word of nie. Al wat jy kan doen is om advies te volg en jou liggaam so goed moontlik voor te berei – en dit waarborg niks. Dit kan baie moeilik wees om te aanvaar.

Met miskraam is daar dikwels onbeantwoorde vrae. Die meeste paartjies vind nooit uit wat dit veroorsaak het nie. As iets so iets gebeur – en jy weet nie hoekom nie – kan dit skrikwekkend en frustrerend wees.

Vrees

As jy daaraan dink om weer te probeer, kan jy vrees en angs ervaar omdat jy ‘n miskraam of komplikasies tydens jou vorige swangerskap gehad het. Dit is ‘n natuurlike reaksie, veral as daar geen rede vir jou miskraam was nie, of as dit nie jou eerste miskraam was nie. Jy mag ervaar dat hierdie angs gevoel groter word indien jy weer swanger raak.

Jaloesie

Jy voel miskien afgunstig of net nie in staat om gelukkig te wees vir iemand anders as hulle hul swangerskap aankondig of die geboorte van hul pasgebore baba nie. Dit kan veral moeilik wees as die tydsberekening saamval met die datum vir jou verlies.

Verlies aan vertroue in jou liggaam

Jy voel miskien dat jou liggaam jou baba in die steek gelaat word. In toekomstige swangerskappe sal jy moontlik dieselfde gebrek aan vertroue in jou liggaam ervaar. Moenie vergeet dat jy fisies sowel as emosioneel geraak sal word nie. Jou hormoonvlakke verander vinnig na ‘n miskraam, en buierigheid en trane is normaal. Dit kan ‘n bietjie tyd neem voordat jou liggaam weer normaal voel.

Verwarring

As jou swangerskap nie beplan was nie, sukkel jy dalk met botsende emosies. Jy ervaar moontlik gemengde gevoelens van verlies, verligting en skuldgevoelens

Eensaamheid

Miskien het jy baie mense nie van jou swangerskap vertel nie. Sommige vroue voel dat hulle alleen in hul hartseer voel omdat niemand weet dat hulle in die eerste plek swanger was nie.